Search

The Heunis Chronicles

Our Journey

Category

Sport

Elke’s team wins the league

It’s taken a few years, but today Elke and her team finally won an EBYA soccer league. Although she’s been playing for a few years now, this was Elke’s first year in the Girls 6th – 8th Grade division.

Coach Ron and the assistant coaches were fantastic. Elke learned a lot and the team had a great spirit throughout the season. The girls trained & played hard, especially in the semi-final. The final was a little bit easier, but the girls did very well to stay focused.

Great job y’all!!

My best kite surfing picture yet. I took a day or so struggling with this type of photography, but on day 2 I got some great shots. This one is my favourite. It is of Carl Ferreira.

The Greatest Bok of all time

I have been a rugby fan for the best part of my 40 years of existence. I have followed many generations of Boks, Bulls and on the rare occasion even a Stormer or a Shark or two. ūüôā

We have had many great players in my lifetime, but I was wondering if I had to pick only the ultimate legends of Springbok rugby who would they be. These must be the guys that were undeniably at the very top of their positions in the world.

After much pondering and trying to be completely fair I have made MY choices. Here in no particular order they are:

Carel du Plessis: Despite the pretentions of Bryan Habana, Carel “The Prince” du Plessis edges it.

Danie Gerber: The best swerve in the game. Will probably be the most popular pick. Our best centre ever.

Victor Matfield: Gave us the 2007 World Cup. Best lock SA has ever had. One of the 3 best locks the world has ever had.

Andr√© Joubert: The best 15 we’ve ever produced. Had the balance of a ballet dancer. Played us into the World Cup final in 1995. We could use him now!

Joost van der Westhuizen: Fourie du Preez and Divan Serfontein might have something to say about it, but to me Joost is probably still the best 9 we have had. Was a big part of our 1995 success.

However I sincerely without favour or prejudice believe that the greatest player we have produced is none other than Hendrik Ignatius Botha aka Naas. I don’t think any other player was as influenced by Apartheid as Naas Botha. Had he been allowed to play at the highest level in his prime, I believe he would today have been known as Rugby’s Pele. The prodigious and more importantly realised talent that this kid had at 18 is to this day unmatched in my opinion.

The way that Naas could determine a game’s outcome with only a lock and a scrumhalf is actually quite unbelievable today. Who could ever forget the final against Transvaal when Naas “dropped” Northern’s to the title. I remember him kicking for the corner when the ball dropped a half metre out and a half metre from touch. Not punted into the stands, but inch perfect. This he literally did 4 or 5 times I game. Today great players get
cheered for doing it once in a game. He could also kick with both feet. Not some makeshift hack,  but real accurate kicking!

Yes sir. For me our greatest rugby player of all time remains Naas Botha.

Valskermspring in Grahamstad

Saterdag het ek, Stephan & Magdel Fourie en Chris Broom, ‘n vriend van hulle, gaan tandemvalskermspring in Grahamstad by die Joos Vos se EP Skydivers klub. En al was ons almal maar skrikkerig voor die tyd, was dit ‘n fantastiese ervaring – iets wat ek nie gou sal vergeet nie.

 

Dis iets wat ek al wil doen vandat ek begin 2009 ge-bungy het. So ruk terug het ek op Facebook gese ek soek mense om saam met my te spring, maar ek het toe daarvan vergeet. Maar toe het Stephan dit onthou en gereken dit sal ‘n goeie verjaarsdag persent aan homself wees. Tot my effense spyt het ek toe ingestem voordat ek gevra het hoe duur dit is.

Dit is beslis die moeite werd – eintlik meer waarde vir geld gemeet teenoor bungy wat na 15 sekondes verby is. Die opgaan is ‘n bietjie senutergend want dan besef jy dat jy nie meer kan kop uit trek nie, maar dit vat 20 minute om op 10,000 ft te kom en hier aan die einde wens jy die tyd wil nou aanbreek. As die deur oopmaak en daai koue wind waai in skop die adrenalien behoorlik in.¬†Die vrye val, waar jy teen 240km/h op die Aarde afpeil – is absoluut fantasties!!!¬†Die 1ste sekonde of 5 gebeur alles so vinnig jy weet nie eintlik wat aangaan nie, maar dan, as jy eers gestabiliseer, het is die beste deel van die hele episode. Dit is dieselfde gevoel as bunngy, maar net langer en baie meer intens. Jy wens dit wil langer aanhou.

As die valskerm ooptrek dan voel ‘n mens ‘n geweldige pluk, maar dis nie seer nie – dis maar net onverwags. My springvennoot¬†(die een wat al die werk moes doen) het gedink ek sal dit geniet om te spin, maar dit was die een deel waarvan ek NIKS gehou het nie; ek het baie amper bewusteloos daarvan geruk. Gelukkig het ek toe darem weer bygekom en die res van die rit af grond toe was baie mooi. ‘n mens kan Port Elizabeth (en alles tussen in) vandaar bo sien – dis regtig skouspelagtig.

Ek sal dit beslis aanraai en self ook weer gaan, maar ek sal pertinent voor die tyd se dat hulle my NIE moet spin nie. Ek dink die hele opset is baie¬†professioneel¬†en ek dink al die¬†staf¬†is baie bekwaam. Valskermspring het ‘n¬†boheemse konnotasie, maar ek was heeltemal gemaklik met hierdie ouens en die veiligheidsaspek. Net iets wat vir my¬†opvallend is, is hoedat Joos Vos altyd saam met die vroumense opeindig – dit ¬†is duidelik op sy fotos en ons het dit op die dag ook so ervaar. Joos jou ou doring – wie sou dan nie?

Is die Springbokke so dom? Ek glo darem nie.

Ek is nie iemand wat gewoonlik e-pos aanstuur nie en ek vee hulle gewoonlik vinnig uit maar ‘n kollega het hierdie ene vandag gestuur wat vir my regtig snaaks was.

Dit is ware aanhalings deur All Black en Wallabie rugbyspelers en¬†afrigters. Van hulle is kostelik. Ek dink darem regtig nie die Bokke is so onnosel nie. Springbokafrigter Peter de Villiers is egter ‘n ander saak.

Sonder verdere vertoef, hier is hulle:

Jono Gibbs, Chiefs
“Nobody in Rugby should be called a genius. A genius is a guy like Norman Einstein.”

Rodney So’ialo, Hurricanes, on University
“I’m going to graduate on time, no matter how long it takes.”

Colin Cooper, Hurricanes head coach
“You guys line up alphabetically by height.” And, “You guys pair up in groups of three, then line up in a circle.”

Chris Masoe (Hurricanes) on whether he had visited the Pyramids during his visit to Egypt .
“I can’t really remember the names of the clubs that we went to.”

Colin Cooper on Paul Tito
“He’s a guy who gets up at six o’clock in the morning regardless of what time it is.”

Kevin Senio ( Auckland ), on Night Rugby vs Day Games
“It’s basically the same, just darker.”

David Nucifora ( Auckland ) talking about Troy Flavell
“I told him, ‘Son, what is it with you… Is it ignorance or apathy?’ He said, ‘David, I don’t know and I don’t care.’

David Holwell (Hurricanes) when asked about the upcoming season:
“I want to reach for 150 or 200 points this season, whichever comes first.”

Ma’a Nonu
“Colin has done a bit of mental arithmetic with a calculator.”

Phil Waugh
“We actually got the winning try three minutes from the end but then they scored.”

Jerry Collins
“I’ve never had major knee surgery on any other part of my body.”

Tony Brown
“That kick was absolutely unique, except for the one before it which was identical.”

Tana Umaga
“I owe a lot to my parents, especially my mother and father.”

Doc Mayhew
“Sure there have been injuries and deaths in rugby, but none of them serious.”

Anton Oliver
“If history repeats itself, I should think we can expect the same thing again.”

Ewan McKenzie
“I never comment on referees and I’m not going to break the habit of a lifetime for that prat.”

Murray Mexted
(1) “Andy Ellis the 21 year old, who turned 22 a few weeks ago”
(2) “He scored that try after only 22 seconds – totally against the run of play.”
(3) “I would not say he (Rico Gear) is the best left winger in the Super14, but there are none better.”
(4) “Well, either side could win it, or it could be a draw.”
(5) “Strangely, in slow motion replay, the ball seemed to hang in the air for even longer.”

AND THE “Piece de resistance’

Murray Deaker:
“Have you ever thought of writing your autobiography?”
Tana Umaga:
“On what?”

Enigiemand vir Tennis?

Vandat ons 5 jaar gelede terug Boesmans toe gekom het het my suster, Katinka, en haar man Sven aan ons gekarring om aan te sluit by die Kenton Tennisklub. Lene het op skool 1ste span gespeel so sy kan speel en ek het op laerskool ‘n bietjie¬†gespeel, maar ons het gevoel dat ons te veel ander familie- en werksverantwoordelikhede het.

Maar laasjaar toe ek in Port Elizabeth begin werk het, het Lene en Sue, ‘n goeie vriendin van haar, toe wel by die klub¬†aangesluit¬†en hulle het begin om meer gereeld te speel. Intussen het die gogga my en ‘n hele klompie van ons ander vriende ook gebyt. Lene en Sue speel nou al vir ‘n jaar lank en Lene veral begin nou al opgang maak in die Oos-Kaapse plattelandse tennis arena. Mense fluister al haar naam. Nee wat dis net ‘n grap, maar sy en Sue het die naweek die streekkampioenskap vir 3de liga spelers gewen. En 2 van my ander vriende Christoph Groenewald en Douglas van Breda het die manskompetisie ook gewen.

Ek en Greg Baxter het ook deelgeneem, maar ons het nie so goed gevaar nie. Ons was gelukkig nie laaste nie! Ek is nog altyd baie ongeduldig met sport (Gholf¬†is die heel ergste), maar ten spyte hiervan geniet ek die tennis baie. En as ‘n mens in ag neem dat ek nog net so 6 weke of so speel, dink ek nie ons het te sleg gevaar nie. Daar is van die ouens by die klub wat se my tennis het baie verbeter in die laaste 6 weke so ek hoop hulle praat die waarheid en smeer nie net heuning om die mond nie.

In ieder geval, ek besef dat ek nie ongeduldig moet wees nie en net om aan te hou speel. Ek het darem nou al geleer dat dit wel sal vrugte afwerp. Intussen geniet ek dit baie; ek moet net nie myself teen die ander meet nie. Dis maar dieselfde met gholf en sekerlik alle enige sport.

Springbokke vs All Blacks in Port Elizabeth

Ek en vriend Christoph Groenewald het gister die toets tussen die Springbokke en die All Blacks gaan kyk. Dit was die 1ste keer in 40 jaar dat die Bokke teen die All Blacks in Port Elizabeth gespeel het en was dus ‘n “once-in-a-lifetime” geleentheid wat ‘n mens net nie kon misloop nie!

Dit was die 3de keer dat ek in die Nelson Mandela Stadion was en ek moet nou eerlikwaar s√™ dat dit ‘n uitsetekende stadion is. Die gees (behalwe vir die onsinnige Suid-Afrikaanse All-Black ondersteuners) was weereens fantasties. Ek is so gatvol vir al die advertensies en hoofstroom-media wat altyd die gemengde wit en swart beeld in ‘n mens se keel afdruk, maar gister op Nelson Mandela Stadion was dit ‘n spontane samesyn. En dit was great. Selfs die relatiewe konserwatiewe Afrikaners saam met wie ons daar was sou saamstem.

Die enigste ou wat uit gevoel het was ‘n ou suurgat All-Black ondersteuner wat vir moeilikheid gevra het. En vir hom het ek regtig nie veel simpatie nie!

Die Volkslied was fenomenaal. Dis mos maar altyd spesiaal, maar ek het eers na die wedstryd op die TV gesien hoe goed dit was. Bobby Skinstad het op die lug gepraat van hoe great die Volkslied geklink het en Bryan Habana en Pierre Spies het daaroor getweet. Ek dink dit was ‘n groot regmerkie in die Baai se kolum by die SA Rugby administrateurs. As ou Cheeky Watson so aanhou mag hy dalk net ‘n bietjie vergifnis genereer.

Die rugby self was ook baie positief. Ons het nou nie bonuspunt driee gedruk nie, maar hierdie was 100% presies wat ons nodig gehad het. As ons te ver gewen het sou dit ook nie ideaal gewees nie. Ons het gedomineer, maar ons ouens sal besef daar is nog baie te doen. Wat wel opmerklik was is hoe geheel-en-al ons die All Black skrum gedomineer het. Ek het dit nie verwag nie.

Die Bokke het verdien om 18-5 gewen.

Verdere opmerkings na aanleiding van die toets:

  • Heinrich Br√ľssow kan heel moontlik hierdie W√™reldbeker se legende word. Daai Vrystater is net eenvoudig ongelooflik en is myns insiens ons grootste wapen.
  • Bismarck du Plessis is ons tweede grootste wapen. Met hom en Br√ľssow het ons al klaar twee fetchers in die span en kan ons met groter gemak die baldraers soos Spies, Schalk of Alberts insluit. Peter de Villiers is eenvoudig verkeerd om nog steeds vir John Smit te wil speel. Hy is net nie so goed so Bissie nie. Great kaptein en al daai, maar sy insluiting kan vir ons die wereldbeker kos. Kom nou Divvie; dis nog die een plek waar jy nog dom astrant is!
  • Bakkies is weer terug. Gister was hy “huge” gewees. Hy het fisies gedomineer en is weer “The Enforcer” van ouds. As Bakkies af is, is ons skrum net nie so sterk nie.
  • Morne Steyn moet speel. Ek is mal oor playmaker rugby soos wat Lambie en Butch speel, maar in ‘n W√™reldbeker kies jy jou skopper 1ste. En niemand skop beter as Morne nie!
  • Ek begin al hoe meer van Willem Alberts op 7 hou. Ek, saam met Stuart Barnes (die bekende eenogige Engelse rugby kommentator) reken Juan Smith is/was een van die beste rugbyspelers van ons tyd en ek was baie bekommerd toe hy aangekondig het dat hy nie werelbeker toe gaan nie. Maar selfs as Schalk nie reg is nie, dink ek ons sal oukei wees. Maar sonder Br√ľssow gaan ons sukkel.
  • Francois Hougaard moet ten minste op die bank wees in elke game. Hy is ‘n masjien. Was Fourie nie die (voormalige) beste skrummie in die wereld nie, was FH ‘n shoe in.
  • Fourie sal sy vorm moet lig, maar hy is die tipe ou wat dit sal doen.

Ek dink sonder om grappies te maak dat ons hier die span het om ons wereldbeker te verdedig. Die enigste reuse kwelpunt is John Smit. Ek wens hy wil die eerbare ding doen en bedank, maar hy sal nie en jy kan hom nie daarvoor blameer nie. Dit is uit die aard van die saak ‘n moeilike besluit en ek dink nie Peter de Villiers het die standvastigheid om so ‘n besluit te neem nie. Dit kan die rugbypublik in SA nog duur te staan kom.

Blou Bulle die Beste!

Blou Bulle heers
Die Blou Bulle heers!

Die Blue Bulle se trofeekas is nou propvol na hulle die naweek die Curriebeker teen Adriaan Strauss se Cheetahs verower het. Met spelers soos Guthro Steenkamp, Bakkies Botha, Victor Matfield, Danie Rossouw, Deon Stegmann, Dewald Potgieter, Pierre Spies, Fourie du Preez, Morné Steyn, Bryan Habana, Wynand Olivier & Zane Kirchner gaan mense oor 20 jaar nog praat van hierdie uitsonderlike groep spelers.

In hierdie goeie tye moet ‘n mens nie die maer jare vergeet nie. Ek is ‘n fanatiese Bul ondersteuner vandat ek 11-jaar oud is. Ek onthou die glorie jare van die 80s en toe Deon Oosthuizen onder die pale gaan druk het na ‘n Naas Botha skop in 1991. En toe die eksodus van al ons top spelers, Uli Schmidt, Robert du Preez, Theo van Rensburg & selfs Gerbrand Grobler, na Natal en Transvaal in die 90s. Dit het die Bulle hard geslaan. Dit het 7 jaar gevat vir reserwe skrumskakel Conrad Breytenbach in 1998 om die Bulle weer te laat geld.

Tot in die middel Naughties (2000s) het ons maar les opges√™ in die Super 14. My Weepee vriende terg my nou nog oor my lojaliteit teenoor Adriaan Richter, agsteman. Toe kom Heyneke Meyer en ruk die dinge rug. Eers op Curriebeker vlak; ons het 3 bekers in ‘n ry gewen onder Anton Leonard. En toe die Super 14 in 2007 – al was daar ‘n hanteer foutjie voordat Bryan Habana die Sharks se harte verskeur het. Ironies dink ek Heyneke het self die pad byster geraak daarna, maar hy het ‘n uitstekende fondasie gel√™ vir Frans Ludeke.

Maar nou dink ek nie enigiemand kan stry dat die Bulle nou tops is nie. Nie net het ons die 2009 Super 14 en die Curriebeker gewen nie, maar die Bulle was die grootste element in moontlik die Springbokke se beste jaar. Bakkies Botha, Victor Matfield, Danie Rossouw, Fourie du Preez en Bryan Habana het al die Curriebeker (nasionale kompetisie), die Super 14, die Drie-Nasies, die Britse Leeus en die Wêreldbeker gewen! Hulle is letterlik (ja oukei ek weet net Suid-Afrikaners speel Curriebekker, maar julle weet wat ek bedoel) die enigste ouens in die wêreld wat hiermee kan spog.

South-Africa Rules!

Springbok bewonderaar
Suid-Afrika Nommer 1!

Ek dink regtig dat dit ongelooflik is dat Suid Afrika nou Nommer 1 in die wêreld is in Rugby (15man en 7s) en Krieket (Toetskrieket en Eendagkrieket)!

In Rugby is ons boonop die w√™reldkampioene in 7s en “regte” rugby en deur die Bulle hou ons die Super 14 trofee. In 15man rugby het ons die Nommer 1 rang oorgeneem van die die “Ou Vyand” Nieu-Seeland toe ons hulle vroe√ęr die maand in ‘n drie-nasies wedstryd geklop het. Die huidige rugby span word gereken as een van die beste Springbok ooit. En meer as dit; hy word gereken as een van die beste internasionale spanne van alle tye.

Met Spelers soos Bismarck du Plessis, Victor Matfield en Bakkies Botha (wêreldrekord slot vennootskap), Juan Smith, Schalk Burger (IRB Speler van die jaar 2004), Heinrich Brussouw, Pierre Spies, Fourie du Preez (gunsteling vir Speler van die Jaar 2009), Jean de Villiers, Jacque Fourie, Bryan Habana (IRB Speler van die jaar 2006), JP Pietersen en Frans Steyn kan hierdie span in 2011 weer die wêreldbeker wen.

John Smit is nou wel nie die beste stut of hakker in Suid-Afrika nie, maar sy kapteinskap is regtig uitstekend. Hy kommunikeer uitstekend met skeidsregters en die Pers. En ek dink die spelers respekteer hom geweldig. Ek persoonlik is nie ‘n aanhanger van Pieter de Villiers nie; ek dink hy is aangestel omdat hy ‘n kleurling is en beslis nie die beste afrigter nie. Ek dink die span is so goed ten spyte van die afrigter en nie as gevolg van hom nie. Dit spreek boekdele oor die leierskap van ouens soos John Smit, Victor Matfield, Fourie du Preez en Dick Muir. As politieke inmenging (byvoorbeeld Adi Jacobs en Ricky Januarie) nou net nie dinge befoeter nie kan hierdie span vir nog 3 jaar lank die w√™reld heers.

In krieket het ons ongelukkig minder trofees, maar nadat Engeland vroe√ęr die maand vir Australi√ę geklop het in die reeks om die As het ons die Nommer 1 mantel oorgeneem. Ek dink baie Suid-Afrikaners het besef dat daar iets spesiaals in hierdie span steek toe hulle die “Greatest One Day International ever” in 2006 teen Australi√ę gewen het. Vandaar onder die sterk leiding van Graeme Smith het hierdie span op en op beweeg. Weereens is daar soveel kwaliteit in hierdie span (Graeme Smith, Herschelle Gibbs, Jacques Kallis, AB de Villiers, Ashwell Prince, Hasim Amla, Johan Botha, Mark Boucher, Albie Morkel, Wayne Parnell en Dale Steyn) dat dinge net soveel beter kan raak.

Blog at WordPress.com.

Up ↑