Eergister is Wangari Maathai, stigter van die Green Belt Movement, oorlede aan kanker. Sy was 71.

Mense wat my ken sal weet dat ek in die laaste 4 of 5 jaar min beïndruk is met Afrika se leiers. Ek het in 2006 teruggekeer na Suid Afrika vanaf Engeland met ‘n liberale uitkyk op Afrika van “gee die ouens ‘n kans”. Maar nou, 5 jaar later en na baie water onder deur die brug – onder andere die moord van my goeie vriend Juan Jansen, het ek verseker ‘n regse uitkyk op Afrika. Ek is beslis nie ‘n rassis nie, maar ek is siek en sat om vir swart mense ‘n “break” te gee net omdat hulle swart is en sodoende die probleem te vererger.

Deesdae is my uitkyk “you get what you deserve”. As jy baklei waarvoor jy staan (Bryan Habana byvoorbeeld) kry jy jou kans, maar ek gun jou nie meer ‘n “free ride” nie. Die hele Afrika verwag deesdae free-rides en/of handouts en daarom sit ons waar ons nou sit. Selfs die voorheen onaantasbare Nelson Mandela is ook nou vir my nie meer so wonderlik nie. Ek sou verwag het dat hy, met al sy invloed, die ANC en gemors soos Julius Malema sou aanvat oor dit wat hulle aan Suid Afrika doen en tog is daar net stilswye.

Vir my was een van die min uitsonderings Wangari Maathai. Sy was ‘n mens wat ek geadmireer het. As ‘n Professor in Kenya was sy erken as ‘n kampvegter vir vroue- en menseregte en demokrasie. Dit is alles uitstekende roepings, maar haar grootste bydrae was tot die omgewing en die natuur. Sy het in 2004 die Nobel Vredesprys gewen daarvoor in is myns insiens een van die waardigste ontvangers ooit daarvan. Sy het baie op grondvlak verwesenlik (sien onder), maar vir my was haar werklike mag om die boodskap van die skakel tussen die omgewing en die mens (spesifiek dat ‘n gesonde en toeganklike omgewing net so belangrik soos finansiële welvaart is) oor te dra aan baie en baie invloedryke mense. En ook die manier wat sy dit gedoen het. As Wangari gepraat het kon jy nie anders as om te luister nie!! Sy was duidelik baie intelligent en kon saam gesels met die kamtige slimkoppe van die Weste, maar sy het terselfdertyd ‘n fenomenale en eerlike begrip gehad van Afrika en sy eie swakhede.

Daar is baie inligting oor wat sy behaal het, maar vir my was daar ‘n paar goed wat uitstaan:

  • Haar Green Belt Movement wat al in 1977 (lank voor Groen roepings populêr geraak het) gestig is het al 45 miljoen bome geplant!! Dit alleen is ‘n ongelooflike prestasie en waardig van ‘n Nobelprys.
  • Toe sy agterkom dat ‘n paar Keniaanse senior ministers ‘n stuk onbekende bewaringsgebied oorgeneem het en herehuise begin opsit het sy voet-by-stuk gehou om dit stop te sit. Sy het letterlik haarself teen ‘n boom vasgeketting. Die ministers het – in tipiese Afrika styl – ‘n paar oorlogsveterane gekry om haar pimpel en pers te moker (nogal op kamera), maar sy het nie geroer nie.
  • In 1989 wou ‘n paar invloedryke sakemanne (onder andere Robert Maxwell) en die Staatspresident, Daniel Arap Moi, ‘n gebou opsit in Uhuru Park. Nou Uhuru Park is soos Hyde Park in Londen of Central Park in New York. Almal het ingestem en die bouery het begin. Toe Wangari Maathai daarvan uitvind het sy soos voorheen alles gedoen om dit stop te sit. Sy het ook gesê dat die Britse publiek nooit ooit sou toelaat dat Rupert Murdoch ‘n gebou in Hyde Park opsit nie en dat dit nie Uhuru Park gaan gebeur nie. Op die ou end het dinge te warm vir Robert Maxwell geraak – hy was met reg bang dit sy reputasie in die Weste sou benadeel en hy het finansiering daarvoor onttrek.

Sy het ware opofferings gemaak, maar steeds nederig gebly. Sy kon seker ‘n fortuin gemaak het, maar sy het ‘n diepere begrip gehad van wat belangrik was; die natuur (met al sy goggas en dinge). Dit is iemand na aan my hart!

Op die Green Belt Movement se Wangari Condolences bladsy het ek die volgende geskryf:

I am not a liberal – as I am in business I would be considered conservative.

Despite this I found Wangari Maathai to be one of the most inspirational people I have ever encountered. She understood the link between people and the environment better than most leaders who make massive decisions on our behalf. I think this was because she grew up in a magical place like Kenya whereas the Suits, although meaning well, grew up in New York, Berlin & London. Destruction of a forest is one thing when you read about it, but quite another when you see the devastation through your own eyes on a daily basis.

Although her death is an enormous blow to everyone who appreciates the environment, her courage will be missed in Africa most where exploitation by the West and now China continues unabated. And Africa, more than the rest of the world, still has it all to lose. I’m deeply saddened by hear death.