Vandat ons huis in 2008 klaargebou is het ek as ‘n totale leuk begin tuinmaak. Wel ek besluit, maar die tuinjong doen die “maak”. Ek moet sê ek vind dit ongelooflik stimulerend. Ek probeer so veel inheems gaan as wat ek kan, maar ek het ‘n paar uitheemse plante ook. Soos enigeen in die omgewig weet het ons onder kwaai droogte deurgeloop, maar my tuin het goed gehou. Ek sukkel net met die gras en my Gousblomme het gevrek. Die res gaan goed aan.

Van my inheemse plante is:

  • Biosviooltjie (Barleria repens)
  • Heuningklokkiesbos (Freylina tropica)
  • Gazanias (Gazania rigens)
  • Kusgousblom (Arctotis ‘Red Magic’) – ongelukkig het hulle gevrek, maar ek wil nog kry
  • Bosboerboon (Schotia latifolia) – my gunsteling boom
  • Hen en kuikens (Chlorophytum comosum)
  • Varkore (zanthedeschia araceae)
  • Wildepruim (Harpephyllum caffrum)
  • Waterbessie (Syzigium cordatum)
  • Nieshout (Ptaeroxylon obliquum) – my 2de gunsteling boom
  • Flamboyant (Delonix regia)
  • Kokoboom (Maytenus procumbens)
  • Boslelies (Clivias)
  • Stêrappel (Diospyros dichrophylla)

Uitheemse plante in my tuin:

  • Boston Ivy (Parthenocissus tricuspidata)
  • Roosmaryn (Rosemarinus officinalis)
  • Suurlemoenboom
  • Bromeliads