Louis Harms teen Chris NicholsonVandag het my mond regtig oopgehang soos wat Regter Louis Harms (ek ken sy seun so op ‘n manier), adjunk Regter-President, vir Regter Chris Nicholson, ‘n senior regter van die Natalse Hooggeregshof, uitmekaar gehaal het.

Teen die tyd weet almal sekerlik waaroor die saak gaan en ek is baie in my noppies oor die uitspraak, maar ek was op ‘n manier geskok dat een Regter ‘n ander Regter so in die openbaar basies van onbehepteid beskuldig. Ek dink dis net wat ons nodig het. Deursigtigheid op hierdie vlak stel ‘n fantastiese voorbeeld vir almal in Afrika.

Volgens ‘n Regsprofessor van Tukkies kan die Zuma kamp nou besluit om Konstitusionele Hof toe te gaan, maar hy sê dat die Appelhof se uitspraak so volledig, omvattend en eenparig was dat die KonHof moeilik die bevel sal omkeer.

Die ding wat my egter regtig bekommer is watter ander sulke foute het Chris Nicholson nie ook al begaan nie. Ek reken sy loopbaan is regtig in flarde. Ek weet ek sal verseker nie hom as regter in ‘n saak van my wil hê nie. Ek kan net nie sien waantoe nou vir hom nie.