Vandag toe soek ek vir ‘n Luciano Pavarotti opname van Nessun Dorma. Ek kry toe ‘n clip wat al 8 miljoen hits gehad het. Dit het heeltemal sin gemaak want hy is sekerlik die beste tenoor van ons tyd. Maar wat vir my vreemd was was dat daar ‘n ander opname van Nessun Dorma deur Paul Potts 38 miljoen hits gehad het. Dit kon ek nie verstaan nie – ek het nog nooit eers van Paul Potts gehoor nie! Toe kyk ek maar. En toe kan ek verstaan hoekom die clip 38miljoen hits gehad het. Dit is iets ongeloofliks. Dit wys net hoe ongelooflik kragtig musiek en die mens se stem kan wees.
En veral omdat dit Nessun Dorma is. Die laaste woorde “Dilegua, o notte! Tramontate, stelle! Tramontate, stelle! All’alba vincerò! Vincerò! Vincerò!” beteken
“Vanish, o night! Set, stars! Set, stars! At daybreak I shall win! I shall win! I shall win!”.
Hoe van pas is dit nie?
December 11, 2008 at 14:20
Dit bly ‘n ongelooflike inspirerende video en is een van my gunstelinge. En elke bleddie keer kry ek hoendervleis!
December 12, 2008 at 12:01
Man, dis nou ‘n moderne Aspoestertjie-storie! Pragtig!
December 12, 2008 at 18:31
Ek haat ‘n getjank, maar het tog te lekker snot en trane vir dié een gehuil! Meer as een keer 😆
December 12, 2008 at 18:35
Liewe hemel maar dis asemsnak mooi! Ek het ook getjank, Big time!!
Die musiek, sy stem…. Dit het my heeltemal in besit geneem; al waarvan ek bewus was, was die musiek wat in wolke my bors gekolk het. ‘behaaglike sug’
January 31, 2009 at 19:36
Mefri het die regte woord: ASEMSNAK!
Wow! Oukei, ek het ook gehuil! But then again – Mnr Pott verdien dit!
Onthou jy daai stukkie opera in Shawshank Redemption? Trane! Is hierdie dieselfde stuk?
September 7, 2009 at 12:17
Ek dink dit was Mozart gewees. Marraige of Figaro.
February 24, 2009 at 14:43
Natuurlik het Paul jou laat tjank soos ‘n baba – die kamerahoeke was reg, die beoordelaars was blatant bevooroordeeld teenoor hom aan die begin omdat hy oorgewig is en die hele storie is opgedis as ‘n heroiese katarsis.
Duh 😉
Was mooi, though, ek stem saam.
February 24, 2009 at 17:03
Nonsens Johan! As die beoordelaars bevooroordeeld was, sou hulle veel eerder daardie klein meisietjie laat wen het. Wat was haar naam nou weer?