My onmiddelike reaksie toe ek van die ontdekking van die “grootste” diamant hoor was moet dit nou net nie weer vir die Pommies gee nie! Maar nou reken ek dis miskien ‘n liegstorie.

Van die bestuur van die maatskappy wat die diamant ontdek het was betrokke by Holland Moorehouse, ‘n tyddeel maatskappy wat bankrot geraak het. Hulle was bekend vir hulle aggressiewe bemarking. Die kundiges in die veld reken ook dat alluviale diamante nie so groot raak nie omdat hulle gespoel word en so afgebreek word – wat vir my sin maak.

Ek weet Siener van Rensberg het vertel van die diamant, maar Siener soos Danie Krugel en Marietta Theunissen was ook maar ‘n bogspul. Tensy Carte Blanche anders dink 🙂 (lees vroeër post).