Op dae soos vandag besef ek dat ons terugkeer na Suid-Afrika ‘n briljante besluit was. Dit is rêrig ‘n skouspelagtig aand. Dit is warm; daar is nie ‘n briesie in die lug nie en die rivier se water is soos ‘n dam.

Dit was net so lekker op Boesmans se ou strand gewees – al die vakansiegangers wat nog oor is het almal af rivier toe gekom want dit was net eenvoudig onweerstaanbaar.

So ‘n ondervinding is prysloos en tog verniet. Snaaks nê?

Ek voel net jammer vir die vakansiegangers wat besluit het om vroedr huistoe te gaan oor die wind. Dit was erg hierdie jaar, maar in die Oos-Kaap moet jy maar geduldig wees met die wind.

Vir Boesmansriviermond fotos en ander goed gaan kyk na die Boesmansriviermond webtuiste.